Beleggingsbeplanning

Meer inligting volg…

Lewensversekering

As mens van lewensversekering praat kom daar dikwels maar negatiewe gevoelens by mens op.  Tog leef ons in tye waarin daar vir byna elke risiko ‘n produk beskikbaar is om die negatiewe finansiële gevolge teen te werk.  Daar is so baie produkte op die mark en elke maatskappy adverteer dat sy produk die beste sou wees.  Ons by Exell glo egter dat daar nie ‘n standaard produk is wat vir almal pas nie, maar dat elkeen se behoefte verskil.

Lewensdekking

Indien ‘n persoon te sterwe kom is daar besliste finansiële implikasies.  Daar is sterfbedkostes, begrafniskostes en natuurlik boedelkostes soos eksekuteursvergoeding, Meestersfooie, boedel- en kapitaalwinsbelasting, ens.  Laste wat deur die persoon aangegaan is moet afgelos word en as daar sekuriteit geteken is vir bv. ‘n kind of onderneming kan die krediteure aandring daarop dat die lening afgelos word.

Elkeen van ons wil ook seker maak dat jou geliefdes goed versorg agtergelaat word en ook daarvoor moet voorsiening gemaak word.

Ons bied verskillende oplossings wat by elkeen se besondere behoefte pas. 

Tipiese voordele onder lewensversekering is natuurlik dekking vir afsterwe, ongeskiktheid, gevreesde siektes (trauma) en ongeluksverwante gebeure.

Gevreesde siektes (trauma)

Ons lewensstyl vandag het die groot negatiewe gevolg dat ons gesondheid dikwels daaronder ly.  Diabetis, kanker, beroertes, hartaanvalle kom op ‘n al jonger ouderdom voor. Hoewel ons mediese fondse dekking daarvoor bied, is dit meer dikwels dan nie ‘n beperkte voorsiening.  So bv. Betaal mediese fondse dikwels glad nie of baie beperk vir rehabilitasie na ‘n beroerte.

Danksy die mediese wetenskap herstel ons dikwels redelik goed

Boedelbeplanning

Niemand van ons wil dat ons naasbestaandes na ons afsterwe moet sukkel met die afhandeling van ons boedel nie.  Terselfdertyd wil ons seker maak dat ons wense uitgevoer word.  Hiervoor is natuurlik ‘n testament nodig maar dit is net so belangrik om seker te maak dat die testament uitvoerbaar is en dat daar genoegsame voorsieing in die boedel gemaak is om die boedel te kan afhandel.

‘n Deeglike boedelbeplanning waar alle faktore in ag geneem word is dus van die uiterste belang.  Berekeninge moet gedoen word om vas te stel wat die verskillende belastings sal wees in die boedel en die portefeulje moet so gestruktureer word dat dit sinvol, prakties, en belastinggunstig is

Ongeskiktheid en Siekte Versekering

Ongeskiktheid is sekerlik een van die dinge waaraan mens die minste dink.  Tog is dit vandag ‘n wesenlike risiko. 

Groepsvoordele

Meer inligting volg… 

Beplanning vir Aftrede

Meer inligting volg… 

Scroll to Top