Persoonlike Bateversekering

In hierdie vinnig veranderende tye het ExellSure toegang tot ‘n wye reeks produkte om kliënte die gerief te bied wat verwag word van 'n pasgemaakte persoonlike versekeringspolis. ExellSure bied waarde vir geld wat voorsiening maak vir verskeie geleenthede met baie ekstra voordele. 'n Sterk klem word geplaas op die herstel van die kliënt in die posisie waarin hulle was voor die verlies, met die minimum hoeveelheid' rompslomp.
Afdelings van persoonlike bateverskering
Omvattende persoonlike pakket dekking:
ExellSure bied u toegang tot motor, huis, aanspreeklikheid asook ongeluk dekking uit ‘n verskeidenheid van gehalte produk verskaffers. Ons kan ook reël vir top-op dekking om jou versekerings voordele te verhoog. Deur ons Bystand produkte wat op ons polisse bygevoeg word het jou toegang tot ‘n reeks waarde toevoegings voordele.
Motor Versekering

Beskerm jouself teen die koste van ‘n motorongeluk, beskadiging en diefstal. Ons bied vir jou ‘n verskeidenheid opsies tussen produk verskaffers sodat ons aan jou spesifieke behoeftes kan voldoen.
Wat is jou opsies vir voertuig dekking?
- Omvattende motor versekering: Dek onbeplande skade aan jou voertuig, soos onder andere ‘n motor ongeluk, diefstal en brand so wel as die skade aan ‘n derde party se voertuig indien jy die verantwoordelike party is.
- Derde party motor versekering: Dek die skade aan die derde party verskuldig indien jy die oorsaak van die skade is in geval van ‘n motor ongeluk, maar dek geen skade op jou eie voertuig nie.
- Derde party, brand en diefstal: Sluit die skade van die derde party in, dekking indien jou voertuig gekaap, poging om te steel en diefstal in. Dit dek ook indien jou kar beskadig word deur brand, weerlig of ontploffing.
- Jy kan ekstra funksies byvoeg op jou polis soos motorhuur wat sou beteken dat die versekeraar jou met n voertuig voorsien vir ‘n vooraf bepaalde aantal dae tot jou kar herstel is of jou eis afgehandel is in die geval van diefstal. Daar is ook dekking beskikbaar vir jou persoonlike klankstelsel wat in jou voertuig is.
Huisinhoud en Geboue Dekking

Beskerm jouself teen die koste van skade aan jou eiendom of huishoudelike besittings wat veroorsaak word deur ongelukke, diefstal en natuurrampe. Huisinhoud dekking kan jy uitneem al huur jy die woning. Deur die keuse van verskeie produk verskaffers kan ons vir jou die beste opsie vir jou behoefte bied.
Watter opsies het jy onder huisinhoud en geboue dekking:
- Gebou dekking: Bied dekking vir jou eiendom soos jou private woning, buitegebou en swembaddens. Jy ontvang dekking teen brand, weerlig, wind, vloed, aardbewings, diefstal en vandalisme.
- Huisinhoud dekking: Bied dekking teen skade as gevolg van natuurrampe, ongelukke en diefstal.
- Alle risiko dekking: Bied dekking teen verlies of skade van alle vorme van risiko’s vir enige item wat jy spesifiek wil verseker soos jou horlosie, juwele, selfoon of skootrekenaars.
Aanspreeklikheid en Ongeluksdekking

Wat is jou opsies:
- Persoonlike aanspreeklikheid wat eise teen jou deur ander dek.
- Persoonlike ongeluk wat jy dekking bied as jy beseer is, in die hospitaal opgeneem , gestremdes of sterf as gevolg van 'n ongeluk.
- Top-op Dekking: Die dekking maak voorsiening vir die verskil tussen die herverkoopwaarde van jou voertuig en die aflosbedrag op die afbetalings verkooptransaksie.
Kommersiële Versekering

Ons kommersiële versekering kan jou help met die suksesvolle bestuur van jou besigheid. Ons bied ook ‘n verskeidenheid spesialis produkte om in jou unieke behoeftes te voorsien.
Besigheidsversekering
Beskerm jou besigheid teen kommersiële onderbrekings, koste van skade aan eiendom, diefstal en eise wat moontlik teen jou besigheid ingestel kan word deur ander persone.
Jy kan jou besigheid verseker teen moontlike verliese wat insluit natuurlike rampe, toevallige skade en gebrekkige vakmanskap.
Wat is jou opsies:
- Algemene besigheidsversekering: Kommersiële versekering dek jou besigheid se bates teen verlies of skade as gevolg van diefstal, vandalism, vloed, vuur en ander gevare.
- Aanspreeklikheid versekering: Dek jou besigheid teen eise as gevolg van beserings of skade wat deur jou besigheids bedrywe veroorsaak is. Dit is veral belangrik vir besighede wat met kliënte se bates werk of op die kliënt se perseel werk verrig.
- Sommige besighede kombineer algemene en openbare aanspreeklikheid. Jy an ook jou besigheid dek teen beserings van werknemers op jou persele.
Spesialisversekering

Ons verstaan dat jou besigheid unieke versekerings behoeftes het. Dit is die rede waarom ons ‘n verskeidenheid van spesialis produkte en polisse bied. Ons kan ook spesifieke risiko's dek soos die volgende:
- Lugvaart versekeringsdekking
- Regspersoon / deeltitel
- Konstruksie, ingenieurswese en plant
- Krediet beskerming
- Tandheelkundige praktyke
- Opvoedkundige instellings
- Gastehuise
- Swaar handelsvoertuie
- Gasvryheid
- Aanspreeklikheid
- Mediese praktyke
- Vulstasies
- Plekke van aanbidding
- Grasdak-risiko's
- Reisversekering
- Veeartsenykundige
Ontspannings dekking

By ExellSure verstaan ons die belangrikheid van 'n goeie balans tussen werk en lewe en waardeer ons die finansiële uitleg wat u ontspanningsaktiwiteite u gekos het. Ontspannings versekering dek u vir al u ontspanningsaktiwiteite en hul toerusting. Dit verseker dat u, u vrye tyd sonder vrees kan geniet.
Ons het pasgemaakte produk aanbiedings vir hierdie ontspanningsprodukte:

- Motorfietse
- Motorhuise en woonwaens
- Ontspannings goedere - alle risiko's
- Water vaartuig
