
Die Exell-Groep
Ons glo dat elke persoon die reg het tot die skepping en beskerming van welvaart en finansiële sekuriteit en om ’n nalatenskap op te bou. Daarom is dit ons Passie om werklik waarde toe te voeg vir ons kliënte deur hulle met Innovering, Integriteit en op ’n Professionele wyse hierin te ondersteun.
Die kundigheid, ervaring en spesialisasie van die Exell Groep op die terrein van boedels, testamente, aftrede- en beleggingsbeplanning, risikoversekering (insluitende korttermyn), werknemervoordele en mediese voorsiening voeg groot waarde toe vir kliënte.
Soos wat ons glo die Exell Groep se waarde-aanbod uniek is, weet ons dat elke individu se posisie ook uniek is. Daarom glo ons nie in ‘n een-pas-almal oplossing nie. Spesialisasie en strategiese vennootskappe met kundiges is deel van ons uniekheid en die Exell strategie. Kliënte is verseker daarvan dat ons alle terreine van hul welvaart-beplanning aanspreek en nommerpas-oplossings bied.
Danksy ons strategiese vennootskappe het kliënte landswyd toegang tot ons dienste deur toegewyde verteenwoordigers wat persoonlike aandag aan elke kliënt gee, maar steeds binne die waardesisteem van die Exell Groep.
Dinamiese korporatiewe oplossings.
Werkgewers spandeer jaarliks miljoene rande aan werknemervoordele. Tog is die werksmag dikwels ontevrede, veral waar vakbonde betrokke raak. Die probleem is dat meeste werknemers nie die waarde van hierdie bydraes besef nie, juis omdat hulle nie die nodige leiding en advies ontvang nie.
Wat is die tipiese uitdagings wat u en u werknemers hieroor ervaar en wat bied ons as oplossing.
- Onsekerheid oor die plan se presiese werking, die voorwaardes, uitsluitings, bybetalings ens.
- Ons bied: ‘n Toegewyde konsultant vir elke tak van Westvaal regoor die land wat aan u werknemers al die inligting en ondersteuning gee en die tak op gereelde basis ( een keer per maand) besoek om seker te maak dat die lede gelukkig is. Nuwe werknemers word onmiddellik besoek en ingelig oor die voordele ens. (Ons netwerk het tans bykans 400 adviseurs regoor die land)
- Ontoereikendheid van en wanindruk oor “Gap Cover”.
- Ons bied: Op versoek sal ons alternatiewe opsies aan u voorhou terwyl die lede volledige opleiding sal ontvang oor die voordele van die bestaande produk. Indien u van opsie sou verander sal ons die proses help bestuur met die nodige inligtingsessies by elke tak.
- Skakeling met ‘n inbelsentrum en gepaardgaande verlies aan produktiwiteit.
- Ons bied: ‘n Toegewysde en ervare Dienskonsultant hanteer alle navrae, probleme met eise, die verkryging van magtiging ens. namens die lede. Ons bied dus ‘n een-stop ondersteuning aan die lede, wat frustrasies en negatiewe ervaring uitskakel.
- Die administratiewe hantering van die skema is vir die werkgewer ‘n groot uitdaging met skedules opstel, indien van veranderinge aan lede, navrae oor die onderskeie skemas ens.
- Ons bied: ‘n Administratiewe dame wat spesifiek en uitsluitlik met u kantoor skakel hieroor en waar moontlik al hierdie werk hanteer. Dit sluit in om hulp te verleen met die fakturering, verandering van lede (byvoeg en afhaal) en enige ander take rondom die werknemersvoordele soos ooreengekom.
Ons bied dus toegewyde individue landwyd wat beskikbaar is per afspraak om al u takke op gereelde basis te besoek en probleme aan te spreek. Verder is ons só toegewyd tot en ernstig oor ons diens dat ons bereid is om ‘n voltydse dame op ons kostes in u hoofkantoor te plaas ten einde die administratiewe funksies glad te laat verloop. En dit alles sonder dat dit NTT of sy werknemers ekstra geld uit die sak sal jaag, inteendeel eerder moontlike besparings moontlik maak.
Hierdie is egter ‘n klein gedeelte van die totale waarde-aanbod wat ons in die Exell-Groep u kan bied. Ander dienste sluit o.a. in hulp met belasting, opstel van testamente ens. Ons het selfs ‘n praktiserende advokaat, prokureur en professionele mediator voltyds betrokke in die Groep van maatskappye.
En dit is hier waar die Exell-waarde aanbod die verskil maak.
